Friday, March 18, 2016

Die Suid-Afrikaanse Sirkus van die ANC



Liewe Ouma
Gupta'n'all is mos ons nuwe mafia. Of impi. Meneer Zuma giggel net daaroor. Die Guptas werk mos al van 2000 af toe die Onderwysdepartement duisende Sahara-rekenaars gekoop het vir GOL. Daai was nou lekker geld maak.
Nou het Vytjie Mentor haar agterent gewip vir die Zuptas. Met Vytjie gaan hulle tweede kom. Jy kan mos aan haar naam hoor sy het leer skel op die Parade. Mens kan maar se dat Vytjie 'n appeltjie te skil het met die koolkoppe.
Vandag sluit die skole. Nou kan die universiteitstudente gaan rus en vakansie hou na 'n uitputtende kwartaal van tyres brand. Puntestate is nie so belangrik nie. Oom Awie reken hulle gaan maar net toyi-toyi vir punte teen Oktober. So word ons 'n uitmuntende nasie.
Standard & Poor wil Suid Afrika nou rommelstatus gee. Was hulle al in die townships? Ons het lankal rommelstatus. Soos in vuilgoed - veral in die regering.
Ouma sal nie glo nie. Vyf ouens bedank, dan dink hulle die land kom tot stilstand. Dis soos die Enslins wat destyds met twee waens weggebreek het van Gerrit Maritz se trek af. Hulle was so deurmekaar dat hulle gedink het die drie groot koppe by Sandrivierspoortnek is piramides. Toe noem hulle die dorp Nylstroom, want hulle dog dis Egipte.
Nou sien ons dis eintlik Indie. Nou word Nylstroom Guptaville. En ons kry Mandaryns ook in die skole, dan toyi-toyi ons op maat van die Kama Sutra vir punte.
Groete
Hansie.
NS. Is die vye al ryp? Vytjie se perdeprukke is nie vye nie.
Met erkenning: FRONT NASIONAAL



No comments:

Post a Comment

Heritage Day 2018: South Africa

My name is Nigel Olifaut. I am a white South African male, proud to be white with my declaration for Heritage Day 24 September 2018: 1....