Wednesday, April 6, 2016

Lees die brief en besin voor jy DA stem



Met erkenning aan Front Nasionaal
Hierby aangeheg 'n brief wat ons ontvang het oor 'n oproep van 'n DA-werwer wat die persoon geskakel het en probeer werf het. Die brief gee die inhoud van die gesprek weer. Lekker brief om te lees.
As die DA stemme werf
Ek kry een oggend vroeg in Januarie ‘n oproep van ‘n werknemer van die DA wat kiesers opvorder om tog in die komende munisipale verkiesings vir die DA te stem.
Die oproep was van ‘n vrou wat Afrikaans praat. My afleiding was dat sy Blank is, te oordeel aan haar uitspraak.
My eerste vraag was: wat is die verskil in beleid en beginsel tussen die DA en die ANC? Waarom sal u sê moet ek vir die DA stem en nie vir die ANC nie? Daar was ‘n oe en ‘n aa maar geen antwoord nie. Ek sê toe: Dame, u kan vir my geen verskil aandui tussen die twee partye nie. Daarby het die DA het van sy blanke leier ontslae geraak ten gunste van ‘n swart leier. Die een na die ander Blanke in ‘n leiersposisie in die DA kry die trekpas. Wat doen die DA vir my as Blanke en veral vir my as Afrikaner in hierdie land?
“Die DA staan by die ‘konstitusie’ en ons doen wat die konstitusie voorskryf,” sê sy. “ons tree op volgens die wette van die land.” O, sê ek. En wie het dié grondwet, of konstitusie, soos u sê, geskryf? Sy swyf elf-talig. Ek praat weer. Dit is die ANC se grondwet. Dit is ‘n anti-Christelike grondwet. God-Drie-enig is uit die die grondwet weggelaat. “Maar dit gaan oor menseregte”, sê sy. “Alle mense het regte.
Ek weet, sê ek. Party mense het net meer regte as ander mense. As jy swart is, het jy volgens dié grondwet meer regte. Wat bied die DA vir my as Afrikaner? Weer is daar ‘n dawerende stilte.
Weet u waar kom die DA vandaan?, vra ek. Sy swyg. Ek vertel haar. Dit is die ou Prog-party van Helen Suzman en Harry Schwartz wat teen die NP van dr Verwoerd geveg het vir presies die beleid wat ons vandag het. Dit is die verlengstuk van die PFP van die 1970’s wat ‘n toestand van een mens een stem bepleit het presies soos ons dit vandag onder die ANC ervaar.
Ek vra weer: Is die die DA teen die verandering van die name van stede, dorpe en strate soos die ANC dit doen? Nog steeds ‘n stilte. Ek sê: dame, ek sien uit na die pamflet of plakkaat van die DA waarin die DA onderneem dat indien die DA die muinisipale verkiesings in Pretoria wen, dan sal al die name van die strate weer terug verander word na die geskiedkundige name soos ons dit geken het voor die bloedlose oorgawe van die NP aan die ANC onder druk van die DA.
“Meneer, geniet u dag”. Ek sê: ‘n mooi dag vir u ook. Moenie staatmaak op my stem vir die DA nie. Ek is ‘n Blanke. Ek is ‘n Afrikaner.
Louis van der Schyff
Pretoria

No comments:

Post a Comment

Heritage Day 2018: South Africa

My name is Nigel Olifaut. I am a white South African male, proud to be white with my declaration for Heritage Day 24 September 2018: 1....