Tuesday, March 15, 2016

Gatvol!!!



Soos ek gesê het, gaan ek 'n gedig plaas, wat waarskynlik 'n hele paar mense sal onstel en wie dan asseblief maar skuiling elders sal moet gaan soek.
Ek is net mooi GATVOL vir al die sinnelose en onregverdige aanvalle teen my en my mense. GATVOL vir uitsprake soos "Die moeilikheid het begin toe Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het.", dat die ""apartheid" die oorsaak is dat skole afgebrand word, hospitale verval, Eskom in sy moer is, elke munisipaliteit a.g.daarvan bankrot is (terwyl ALLE munisipalitiete destyds 'n baie gesonde batige saldo in die bank gehad het! En uiters funksioneel was)
en die staatsdiens so korrup en vol bedrog is,...ge-erf van die apartheids regime!!!!!!
Ek is GATVOL geluister na die grond wat ons van hulle gesteel het, GATVOL vir die aantuigings dat die witman die onderdrukker is, die gevolg dat die al die ander rasse ägtergeblewenes" is. GATVOL om te hoor dat ons, die witman, net agteroor gesit het terwyl "hulle" die land opgebou het, paaie en geboue gebou het en die land in welvaart omskep het!!!
Die geskiedenis bewys dat "hulle" reeds baie agtergeblewene" hier aangetref was, met die aankoms van ons voorvaders uit lande waar daar reeds merkwaardige argitektoniese pronkstukke gebou was,...vooruitgang, universiteite en selfs al 'n tremdiens!!
Bykans 8 jaar gelede het ek die volgende geskryf:
IS DIT MY SKULD MENEER DIE PRESIDENT?
Is dit my skuld meneer die president,
dat my voorvaders 350 jaar gelede
u volk van hul alfabet en biblioteke kom onteien het?
U kerke, u skole en u universiteite geinfiltreer en tot niet gemaak het?
U paaie, u mynboubedrywe en u banke verwoes het?
U hawens gebombardeer het en
u skepe gekelder het?
U hospitale en farmatologiese instansies besoedel het...
en u bybel verbrand het?
Is dit my skuld dat ek die kleur van my Vader dra
en dat Sy gees in my as Adamiese wese geblaas is?
Dra ek die skuld van u swart huid
en u onsterflike haat
teen my blank gelaat?
Is dit my skuld dat u en my kulturele agtergronde nie versoenbaar is nie?
En dat my blondkop blouoog meisiekind nie met u seun wil trou nie?
Dalk was u navorsinginstitute ver bo my voorvaders gevorder.
U intellektuele instansies ver bo my Westerdenke
en u geloof in u voorvadergeeste en gode sterker dan my geloof
en u wielontwerp ronder dan myne.
Ek gee u toe,...
my voorvaders het u verwesters
en u sal nooit weer op u eie,
uself weer kan vind!
Dit meneer die President,
....is my skuld!
Pine Pienaar.
Ek groet graag die wat "pad vat"!
Met dankbaarheid, die uwe.

No comments:

Post a Comment

Heritage Day 2018: South Africa

My name is Nigel Olifaut. I am a white South African male, proud to be white with my declaration for Heritage Day 24 September 2018: 1....