Na aanleiding van die voorval in ‘n Spur nou onlangs toe
Spur teen die blanke opgetree het maar nie teen die swarte nie, het Spur
blykbaar ‘n knou gekry en het Spur se hoofbedrysbeampte Mark Farrely ‘n brief
aan Dr. Dirk Hermann van Solidariteit geskryf en o.a. te velde getrek teen
konserwatiewe wit Afrikaners wat kwansuis ‘n boikot-aksie teen Spur van stapel gestuur
het.
Na aanleiding hiervan het Dr. Herman vir Mark Farrely ‘n les
of twee gegee oor hoekom daar ‘n afname in Spur se inkomste is – volg skakel om
brief te lees:
‘Ek het my aptyt om by Spur te eet verloor’ http://spens.co.za/ep3
Uit die bloute het Pierre van Tonder, Spur se Uitvoerende
Hoof op Dr. Hermann se brief aan Mark Farrely geantwoord. (Mens kan net wonder
hoekom Mark Farrely nie die moed gehad het om Dr. Hermann self the antwoord
nie?) Volg skakel om Van Tonder se brief
te lees:
Spur-hoof se ope brief aan Solidariteit http://spens.co.za/er0
Ook vir Van Tonder het Dr. Hermann ‘n paar lesse gegee hoe
om Spur se swak naam op te bou en weer klante te lok. Volg skakel om Dr.
Hermann se brief te lees:
‘Spur-mense het gepraat, nie ek nie’ – Dirk Hermann reageer http://spens.co.za/erp
Wie weet, miskien gee Spur en Van Tonder miskien aandag aan
Dr. Hermann se goeie raad??
Maar intussen lyk dit my dit is Solidariteit 10 en Spur 0.
Danie
No comments:
Post a Comment