Wednesday, April 6, 2016

Lees die brief en besin voor jy DA stem



Met erkenning aan Front Nasionaal
Hierby aangeheg 'n brief wat ons ontvang het oor 'n oproep van 'n DA-werwer wat die persoon geskakel het en probeer werf het. Die brief gee die inhoud van die gesprek weer. Lekker brief om te lees.
As die DA stemme werf
Ek kry een oggend vroeg in Januarie ‘n oproep van ‘n werknemer van die DA wat kiesers opvorder om tog in die komende munisipale verkiesings vir die DA te stem.
Die oproep was van ‘n vrou wat Afrikaans praat. My afleiding was dat sy Blank is, te oordeel aan haar uitspraak.
My eerste vraag was: wat is die verskil in beleid en beginsel tussen die DA en die ANC? Waarom sal u sê moet ek vir die DA stem en nie vir die ANC nie? Daar was ‘n oe en ‘n aa maar geen antwoord nie. Ek sê toe: Dame, u kan vir my geen verskil aandui tussen die twee partye nie. Daarby het die DA het van sy blanke leier ontslae geraak ten gunste van ‘n swart leier. Die een na die ander Blanke in ‘n leiersposisie in die DA kry die trekpas. Wat doen die DA vir my as Blanke en veral vir my as Afrikaner in hierdie land?
“Die DA staan by die ‘konstitusie’ en ons doen wat die konstitusie voorskryf,” sê sy. “ons tree op volgens die wette van die land.” O, sê ek. En wie het dié grondwet, of konstitusie, soos u sê, geskryf? Sy swyf elf-talig. Ek praat weer. Dit is die ANC se grondwet. Dit is ‘n anti-Christelike grondwet. God-Drie-enig is uit die die grondwet weggelaat. “Maar dit gaan oor menseregte”, sê sy. “Alle mense het regte.
Ek weet, sê ek. Party mense het net meer regte as ander mense. As jy swart is, het jy volgens dié grondwet meer regte. Wat bied die DA vir my as Afrikaner? Weer is daar ‘n dawerende stilte.
Weet u waar kom die DA vandaan?, vra ek. Sy swyg. Ek vertel haar. Dit is die ou Prog-party van Helen Suzman en Harry Schwartz wat teen die NP van dr Verwoerd geveg het vir presies die beleid wat ons vandag het. Dit is die verlengstuk van die PFP van die 1970’s wat ‘n toestand van een mens een stem bepleit het presies soos ons dit vandag onder die ANC ervaar.
Ek vra weer: Is die die DA teen die verandering van die name van stede, dorpe en strate soos die ANC dit doen? Nog steeds ‘n stilte. Ek sê: dame, ek sien uit na die pamflet of plakkaat van die DA waarin die DA onderneem dat indien die DA die muinisipale verkiesings in Pretoria wen, dan sal al die name van die strate weer terug verander word na die geskiedkundige name soos ons dit geken het voor die bloedlose oorgawe van die NP aan die ANC onder druk van die DA.
“Meneer, geniet u dag”. Ek sê: ‘n mooi dag vir u ook. Moenie staatmaak op my stem vir die DA nie. Ek is ‘n Blanke. Ek is ‘n Afrikaner.
Louis van der Schyff
Pretoria

Friday, April 1, 2016

As Steve Praat . . .



Ope Brief Van Steve Hofmeyr - Jy Steel Nie Omdat Jy Honger Of Arm Is Nie - Jy Steel Omdat Jy 'n Skelm Is. ‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie. ‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie.
Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:
‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Boerevolk na die Tweede Vryheidsoorlog nie.
Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter.Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie.
Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.
Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.
Hulle het hard geleer, hulle eie CNO-skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Boerevolk vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.
‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.
Na die Tweede Vryheidsoorlog het Boere-mynwerkers absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.
‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie.
Niemand het die Boerevolk na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.
En elke ding wat ons het, het ons verwerf – apartheid het nooit plase en poste en posisies aan Boeremense uitgedeel nie.
As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.
En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.
Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.
Mag die Boerevolk nooit pateties raak nie.

Do we still have a democracy in South Africa?



Can we, after the ruling yesterday by the CC re The Hon. Zuma and the Inkhandla-gate, say that we have a democracy in South Africa?
Probably not at grassroots level, but officially our democracy is alive and well and living in the court rooms and the office of the PP.
Because there is so little honesty in politics today, what you hear (promises) is more often than not, NOT what you GET.
The PAC promised free houses for all and would probably confiscate it from the "haves" of those days - only to give it to the elect few of their inner circle.
The ANC promised freedom for all - an expensive and all encompassing commodity. After 22 years of "true" democracy, this commodity is even scarcer that ever.
80% of the school system is dysfunctional. It is being controlled by trade unions whose only aim is control in the widest sense of the word. Despite their denial, there is probably a great element of the in the report that laid the scandal of the selling of teacher posts (vacancies) bare.
The only "salvation" are the prior Category-C schools, which, although mostly English (Black) today, are striving to keep up some form of standard. "Disciple" is, unfortunately, a foreign word.
Wake up, Zuma-dom, and realize that this country is going to shreds!
Everything has its price today, except quality - That is price less, so priceless that it appears to be unobtainable!
Viva South Africa, Viva! Viva Democracy, Viva!
South Africa, the World (and Standard & Poor) will be watching the developments in the next few days with interest.
My best wishes
(1) to Mr. Pravin Gordham and the Treasury who must produce the Inkhandla figures for Mr. Zuma,
(2) also to Mr. Zuma who must now fire his ministers (Police, Public Works) who did his dirty work, thinking that there will be some form of (p)raise for them in the process - more gravy, perhaps? and
(3) to the Executive of the ANC, who must fire the Hon. Mr. Zuma.
Acknowledgement: Wesley Lamprecht

Heritage Day 2018: South Africa

My name is Nigel Olifaut. I am a white South African male, proud to be white with my declaration for Heritage Day 24 September 2018: 1....